Die kursus in aktepraktyk behels...
Twee tipes kursusse
‘n Bywoningskursus in Aktepraktyk vir diegene wat graag studieleiding deur lesings wil ontvang om vir die eksamen in transportbesorging voor te berei.
‘n Selfstudie Aktekursus vir diegene wat verkies om op hul eie vir die eksamen voor te berei, sonder om lesings by te woon.
Kenmerke van die Bywoningskursus
Lesings word aangebied te Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban, Bloemfontein en Port Elizabeth.
‘n Spesiale korting op die registrasiefooi is beskikbaar vir persone wat vroeg registreer.
Afrikaanse leerders mag Engelse lesings met Afrikaanse notas bywoon en omgekeerd, op voorwaarde dat dit spesifiek so by registrasie aangetoon word.
Indien jy vantevore self vir die Selfstudie Aktekursus ingeskryf het en in besit is van jou eie stel notas en die lesings wil bywoon, of die kursus vantevore bygewoon het en dit weer wil doen, kan jy ons kantoor kontak vir ‘n kwotasie om vir die bywoningskursus te registreer.
Kenmerke van die Selfstudiekursus
Skryf enige tyd in. Daar is geen afsnydatum vir registrasie nie. Die enigste teikendatum is die eksamendatum.
Outeur en dosent
Die kursus is geskryf en bygewerk deur Gawie le Roux, ‘n prokureur, transportbesorger en entrepreneur van Pretoria. Hy word hierin bygestaan deur Erinda Frantzen, ‘n prokureur, transportbesorger en notaris in die kantoor van Gawie le Roux. Die lesings word ook, DV, deur hulle aangebied.
Kenmerke van die kursusmateriaal
- Die notas is geskryf met die oog op voorbereiding vir die eksamen in transportbesorging.
- Dit is ontwerp vir persone wat geen kennis van aktes en geen blootstelling aan ‘n aktepraktyk het nie.
- Dit is vir selfstudiedoeleindes geskryf en is die mees omvattende stel notas om vir dié eksamen voor te berei.
- Dit bestaan uit drie dele verduidelikende notas en een stel praktiese voorbeelde.
- Dit is in Afrikaans of in Engels beskikbaar.
- Die notas word in ‘n losbladformaat bemark, met ‘n byvoegseldiens teen addisionele koste, sodat die notas met die jongste wysigings op datum gehou kan word.
- Modelantwoorde van die laaste drie jaar se eksamenvraestelle is ingesluit.
- Dieselfde stel studienotas word vir beide die selfstudie- en die bywoningskursus gebruik.
Beproefde kursusse
Hierdie kursusse word reeds vir meer as sewentien jaar landswyd en in Namibië met groot sukses deur regspraktisyns gebruik. Dit is beproefde kursusse soos blyk uit die kommentaar wat ontvang is.
Afbetaalreëling
'n Afbetaalreëling kan getref word - sien registreer bywoning
Datums vir Bywoning
Sien die datums in registreer bywoning
Bywoning
R5,000 of
R4,500 vir vroeë registrasie
Selfstudie
R3,500

