Ons bied kursusse, seminare en werkswinkels aan
Hierdie is ‘n kursus vir prokureurs en kandidaat-prokureurs om vir die eksamen in transportbesorging voor te berei deur middel van bywoning of selfstudie.
Hierdie is ‘n kursus vir prokureurs en kandidaat-prokureurs om vir die eksamen in notariële praktyk voor te berei deur middel van bywoning of selfstudie.
Hierdie is seminare vir transportbesorgers, prokureurs, kandidaat-prokureurs, regsadviseurs en ondersteunende personeel wat met aktes werk. Die een-dag-seminare handel oor belangrike nuwe wetgewing wat 'n effek op aktepraktyk het.
Hierdie is ‘n kursus vir aktetiksters en voornemende aktetiksters om hulle kennis en vaardighede te verbeter en as aktetiksters op te lei deur middel van bywoning of selfstudie.
Hierdie is ‘n eksamenwerkswinkel vir kandidate wat reeds vir die eksamen in transportbesorging voorberei het en kort voor die eksamen finale afronding en hersiening verlang deur middel van bywoning.
Hierdie is gefokusde werkswinkels oor geselekteerde onderwerpe in aktepraktyk aan transportbesorgers, prokureurs, aktetiksters en regsadviseurs deur middel van die internet of bywoning.

