Die aanlynwerkswinkels behels ...
Drie gespesialiseerde werkswinkels in die volgende onderwerpe
- Serwitute, onderverdeling en konsolidasie van eiendom
- Opening van ‘n deeltitelregister
- Opening van ‘n dorpsregister
Deur die internet of bywoning
Elke onderwerp kan aanlyn via die internet gedoen word of deur bywoning van ‘n een-dag-werkswinkel.
Voordele van aanlyn-werkswinkels
- Hierdie werkswinkels kan in die gerief van jou eie kantoor of tuis deur die internet gedoen word.
- Jy ervaar die virtuele werklikheid en voordele van die werkswinkel sonder om dit by te woon.
- Jy ontvang begeleiding van die teorie en toepaslike gevallestudies deur die "Power Point slideshow" op die opleidingsportaal te volg.
- Jy kan enige tyd registreer.
- Jy doen die werkswinkel gedurende ure wat jou pas.
- Jy bespaar op reiskoste, akkommodasie en tyd weg van die kantoor.
Spesiale promosie
30% korting op normale prys
Daar is tans ‘n 30% promosie-korting op ons aanlyn-werkswinkels.
Vereistes vir aanlyn-opleiding (e-leer)
‘n Rekenaar met toegang tot die internet, luisterkapasiteit, Adobe Reader (wat afgelaai kan word) en ‘n drukker.
Vir wie is hierdie werkswinkels?
Hierdie werkswinkels is ideaal vir transportbesorgers, nuut-gekwalifiseerde transportbesorgers, prokureurs, kandidaat-prokureurs, bedrewe aktetiksters en "paralegals" wat meer dieptekennis van bogemelde drie onderwerpe wil hê.
Afrikaans of Engels
Al die werkswinkels word volledig in Afrikaans of Engels aangebeid.
Assessering / toetsing
Vir diegene wat graag ‘n sertifikaat wil ontvang, is daar die opsie om ‘n oop-boek toets af te lê. Dit is teen addisionele koste. Sien onder registreer aanlyn of registreer bywoning.
Datums vir bywoning
Sien die datums vir die bywoning in registreer.Aanlyn
R798 sonder assesering
(normale prys
R1,140)
R980 met assesering
(normale prys
R1,400)
Bywoning
R1,140 sonder assesering
R1,400 met assesering

