Comments on our course in conveyancing practice
Gawie le Roux’s Self-study Deeds Course and Attendance Course in Conveyancing Practice have been highly rated throughout South Africa and Namibia for the past sixteen years as tried and trusted courses for use in preparing for the conveyancing examination. Hundreds of attorneys and candidate attorneys have successfully written the conveyancing examination after taking these courses.
There are many practitioners who make daily use of the updated notes in their conveyancing practice.
See the comments of satisfied and successful candidates.
2011
Neil Knight
I signed up for your self-study course for the Conveyancers Exam and I attended your session of lectures which were held in February 2011 in Durban.
I must say that I found the concept of studying for conveyancing daunting. I am an attorney of 45 years of age who suddenly found myself in charge of my firms conveyancing department. I was now faced with having to pass the conveyancing exam and run a very busy practise all at the same time.
Your course was absolutely brilliant in that not only did it give me a consolidated body of notes but it explained the intricate concepts extremely clearly.
Further, your practical examples and chapter assignments were invaluable.
I studied for the exam for 3 months from February 2011 to May 2011. I passed the exam. Some feedback, for your information, is that 58 people wrote the exam in Pietermaritzburg. Eleven people passed. The average mark was in the region of 39 % for the exam. I secured a mark of 62 % which was the fourth highest mark in the province.
Naturally I am delighted. This simply would not have been possible were it not for your notes, and the lectures.
I wish to all the very best for the future. You certainly provide an unquestionable service to the legal fraternity with your business.
Lizelle Engels
Ek sit vanoggend nog steeds verstom. EK HET MY EKSAMEN DEURGEKOM!!!
Ek het 2008 opgehou werk en was heeltyds ma.
Ons het Port Elizabeth toe verhuis aan die einde van 2010, waar werk baie skaars is. Baie mismoedig het ek maar voor die boeke ingeskuif, met die hoop om 'n ekstra kwalifikasie op my CV te kry.
11 Mei was so vinnig op my, maar was ek redelik op my gemak met die eksamen.
Die Kaap se uitslae het baie lank geneem om uit te kom, maar was dit die moeite werd! Ek het met 'n persentasie van 74% geslaag!
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om vir julle baie dankie te se vir die fantastiese notas en voorbeelde, want sonder dit, sou dit nie vir my moontlik gewees het nie!
Sindi Ndlovu
I attended your conveyancing course in Durban at the begging of this year after having attended another course for months, I wrote the exam in May 2010 and much to my disappointment I failed the exam after working hard, I then heard about your course from a number of people and I decided to do your course and give the exam another try.
Your course is only a few days but what I learnt in those days was more than what I had learnt in the other course I attended for months.
I wrote the exam in May 2011 again and while I was preparing things made so much sense and it became clear to me and I understood what I was doing and confident about what I was doing. Today I received my results and I passed my exam, I would like to thank you very much for helping me achieve my goal, without your course I would not have passed.
Leigh Standish- White
I attended your conveyancing course in Cape Town in the run up to the conveyancing exams in May. Just to say thanks very much it really helped to put all the work into perspective, I heard yesterday that I passed with 61% so I am delighted.
Halima Mahomed
I have passed the conveyancing examination and so have of my colleagues. We would all like to thank Erinda Frantzen very much for the lecture she had provided, her contribution was invaluable.
Karen Groenewald
Ek wil net laat weet dat ek my akte eksamen in Mei 2011 geskryf het en gister gehoor het dat ek geslaag het!
Ek het verlede jaar September saammet my dogter Yolandi Groenewald geskryf en dit toe nie gemaak nie - sy het wel !
Ek het hierdie jaar vroeg begin swot en Erinda se 1 dag kursus bygewoon net voor die eksamen = haar notas was fantasties.
Baie dankie vir julle – die notas en die kursusse was uitstekend.
Ek het dit baie geniet !
2010
Anita Schreiber
Ek het die Afrikaanse klasse aan die begin van die jaar in Pretoria bygewoon en het op 5 Mei die eksamen vir die eerste keer gaan skryf, in Engels. Die punte het laasweek Vrydag uitgekom en ek het met 60% deurgekom. Ek is ongelooflik bly en opgewonde, maar ek moet sê as dit nie vir julle goeie klasse en studie-materiaal was nie sou ek dit nie gemaak het nie! Ek sal julle kursus beslis by al my vriende en kollegas aanbeveel.
Kerensa Thomas
I hereby happily inform you that I have passed the conveyancing examination out right (without an oral) and wish to extend a heartfelt thanks to you and the rest of your team in preparing and executing a nothing-short-of-excellent course in conveyancing practice! I wish you all the very best with every future endeavour!
Darren Ho
I attended Gawie's conveyancing classes in 2009, as well the workshops offered thereafter. In comparison to other courses out there, I found the lectures and notes far more intuitive, relaxed and user-friendly. To all of you aspiring conveyancers wanting to give your best shot at this infamous exam, this is the place to be! It is definitely worth the time, money and effort. I am presently awaiting my admittance as a Conveyancer today! Many thanks to Gawie and the Team!
Anonymous
I would like to thank you and all those involved in preparing the conveyancing notes. I was finally admitted as a Conveyancer on 21 January 2010. I took a course, sat for the exams three times in Pretoria and once in KZN since May 2008. I never stopped writing the exams although I kept failing it despite how much I studied and prepared. After three attempts I atteded your course and wrote the exam a fourth time. Not only did I pass the exam, but I passed it well since I got 68% for it. I believe that your notes are well structured and I could not get a better way of studying and passing the exams if it were not for your notes. I am now a conveyancer of the Republic of South Africa and give you all the credit for it. Thank you so much Gawie, keep it up.
Wilna Engelbrecht
Ek het julle kursus in Aktepraktyk bygewoon in Julie in Pretoria en het die akteseksamen geskryf. Ek wou net laat weet dat ek verlede Donderdag uitgevind het dat ek 70% behaal het vir die eksamen, en dit was boonop my eerste poging! Derhalwe wil ek nou dankie sê vir Erinda wat die kursus aangebied het en vir die fantastiese notas wat deur julle verskaf word, daarsonder sou ek nie sulke goeie punte kon behaal nie! Weereens baie dankie.
Rozanne Kamalie
I attended your course during July 2010 in Cape Town. Despite the short time to prepare for the conveyancing exam in September, I felt confident that I could do it ( or at least get an oral) after attending your course.
I am excited and really overjoyed to inform you that I have passed the conveyancing exam....on my first try. However this would not have been possible without your assistance. I have to thank you so much because in February 2011 I will be admitted as an attorney and a CONVEYANCER!!!
I have and will continue to recommend your course to friends and others who wish to write the conveyancing exam.
Michele Graham
Dit is met vreugde dat ek julle kan meedeel dat ek die akteseksamen verlede jaar in September met 67% geslaag het nadat ek julle nota’s aangekoop en die kursus, aangebied deur Erinda Franzen, bygewoon het. Ek kan dit by almal met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.
Marli Hendricks
Ek is baie bly om julle mee te deel dat ek my akteseksamen deurgekom het! Ek was nog blyer gewees toe ek hoor dat ek een van 17 mense is wat die eksamen deurgekom het. Ek wil julle bedank vir al die hulp en bystand. As dit nie vir julle was nie, sou ek beslis meer as twee keer gaan skryf het.
Adéle Vorster
Ek wil graag vir Gawie en sy span baie baie dankie sê vir die uitstekende Akte- en Notariële notas! Ek het in 2008 klaar geswot en het in 2009 my klerkskap gedoen. Ek het Gawie se Aktekursus in Julie 2009 in Pretoria bygewoon. Tot op daardie stadium het ek nog nooit in my lewe 'n transport gesien nie, aangesien ek in 'n litigasiefirma werk. Ek het dus geen ondervinding in aktes gehad nie. Ek was maar baie skepties oor die eksamen, aangesien ek net 'n bietjie meer as een maand oorgehad het om vir die eksamen te swot. Ek het na die kursus skouer aan die wiel gesit en met behulp van die uitstekende notas het ek my akteseksamen geslaag - die heel eerste keer! Na die akteseksamen het ek so drie weke gehad om te swot vir die notariële eksamen in Oktober 2009. Ek het net Gawie se nota's geswot en ook dié eksamen suksesvol voltooi!
Baie dankie vir die puik nota's en die "great" manier waarop julle die kursusse aanbied. Julle het só 'n groot invloed op my lewenskoers gehad. Ek is baie dankbaar.
Ansie Malan
Ek het die aktes eksamen in September geskryf met die hulp van julle notas en geslaag! Baie dankie vir uitstekende studiemateriaal.
Laetitia Knoetze
Dis met groot dankbaarheid dat ek vandag gesien het ek is die akteseksamen deur, boonop met die 2de beste punt in die Kaap. Baie dankie vir Gawie se fantastiese kursus en entoesiasme met die aanbied daarvan. Was dit nie vir sy motivering nie het ek verseker kleinkoppie getrek. Alle eer aan God.
Merle Visagie
I would like to say thank you very much. Your notes enabled me to study with confidence. Unfortunately I could not attend the course due to my financial situation. I studied your notes and the old exam papers and was confident that I will pass. I wrote the exams in May 2010 and passed first time around. I was admitted as a Conveyancer on 3rd September 2010. May God continue to use you in this area.
Thys Lourens
Ek het 16 September 2010 akteseksamen in Kaapstad op 52 jarige ouderdom geslaag. Sonder jou kursus en die uitstekende nota’s sou ek dit beslis nie in die tyd tot my beskikking (2 maande) reggekry het nie.
Ek is jou ewig dank verskuldig!
2009
Karla van Wyk
Ek wil graag baie dankie sê vir julle wonderlike notas. Ek het die September 2009 eksamen vir die eerste keer geskryf - en deurgekom!
Sonder julle wonderlike, op datum notas, sou ek dit nie kon doen nie. Dankie vir die flink diens en entoesiasme waarmee jy en jou kollegas my telke male bygestaan het.
Mag die Here jou, jou besigheid en personeel seën op die pad vorentoe.
Michelé Holland
I would like to take this opportunity to thank Mr Le Roux so very much for such an amazingly informative course. I learnt more in four days on his course than I did in 15 years of paralegal work. Although I am currently completing my LLB degree, I will not be admitted as an attorney, and will therefore unfortunately not be able to take the Conveyancer’s exam, which I regret.
Mr Le Roux’s course has given me huge insight into why various documents are prepared in various instances, as well as the theory behind the entire registration process. This information is invaluable, and the course notes are spectacular. These notes are by far the best practical notes I have come across to date, and they are my “bible” insofar as precedents and procedures are concerned.
I feel extremely privilledged to have been able to attend Mr Le Roux’s course, and am so grateful to him for putting together something so practical and useful, not only to Attorneys/Conveyancers, but also to us in the legal software industry.
Moira Johnston
And please tell the people responsible for the notes that they are the best notes that I have ever had the pleasure of studying from. They are so well organised and written, you just couldn’t ask for better. Gawie and Ilse are geniuses! Well worth every cent!
Sandie MacDonald
Ek het verlede jaar hierdie tyd julle kursus in Kaapstad bygewoon en het in Mei hierdie jaar die akteseksamen geskryf en geslaag!
Ek will julle bedank vir ‘n puik kursus! Sonder julle sou ek dit nie kon doen nie!
Vickie Collins
I just want to thank you for the course. This year I passed the May exam in KZN. There was a 22% pass rate 17 out of 77 people passed. I have to say that your course is very comprehensive.
Zietta Olivier
Ek het voor die kursus niks van aktes af geweet nie. Die notas is uit die boonste rakke en die aanbieding van die klas was ongelooflik. Die klas is op só 'n wyse aangebied dat ‘n graad-een kind die werk kan verstaan. Daar was nie iets soos ‘n dom vraag nie en alles was tot in die fynste besonderhede verduidelik. Die dosent se entoesiasme het oorgeloop en was aansteeklik. Vir my het die eksamen gegaan van ‘n absolute riller tot ‘n effense nagmerrie. Ek het voorberei, maar het eintlik min tyd gehad. Ek is deur kollegas gewaarsku dat ses maande se voorbereiding selde genoeg is, maar ek het ‘n skrapse twee maande gehad om die werk baas te raak. Die uitslae het gekom en ek het wonderlike nuus ontvang. Nie net was ek een van 15 mense wat die eksamen geslaag het nie, maar het ek en 'n ander persoon gesamentlik die hoogste punt behaal - ’n fenominale 70%. Ek wil julle opreg dank. Sonder die kursus, die notas en die ongelooflike leiding van die dosent sou dit nooit moontlik gewees het nie.
Martine Viljoen
Ek wil net laat weet dat ek die akteseksamen sonder enige ondervinding in aktes en net met behulp van julle kursus geslaag het! Ek het 70% en is so bly en verlig! Dankie vir julle harde werk aan die notas en met die lesings!
Nicole Rokebrand
Hierdie is 'n vriendelike e-pos. Ek het die een-dag werkswinkel by Erinda Frantzen, op 17 April 2009, gedoen. Graag wou ek julle in kennis stel dat ek geslaag het en een van die gelukkige 15 is.
2008
Afton Appollis
I wrote both the Notaries and Conveyancing exam in September and October this year. I also attended the attendance courses for both Conveyancing and Notaries in Cape Town. I am very happy to say that I passed both exams, and also came third in the Western Cape in the Conveyancing exam. Thanks very much for all your help! Your attendance course and detailed notes made all the difference for someone like me who has never set foot in a conveyancing department ever!
Melissa Kate van de Water
I would like to thank you for the most amazing conveyancing course and course notes. I received my results this morning, which I must say I was petrified to get, and passed first time. I never thought this was a possibility as I was one of those students who struggled to get an LLB and to pass my board exams. I would not have known where to start in studying for this exam had it not been your fabulous notes and well presented course. I must just add that I have friends who also received your notes but didn't attend the course and they were not as successful as me. Your guidance on how to approach this exam, your honesty regarding the amount of work that would need to be put in and optimism that it could be acheived went a long way towards preparing me for what is definately an extremely hard exam. Thank you yet again for helping me become a conveyancer and to do what I want to do.
Jacqui Belamant
Thankyou for your great conveyancing course and fantastic notes. Without them and the months of hard work we put in my colleague and I would never have passed the exam. I am proud to say that after attending your course we both passed the May 2008 exam – and it was the first time we wrote! Thanks so much!
Manus Muller
EK HET GESLAAG! Gawie, baie dankie vir jou ongelooflike inpak op my lewe en dit net in 4 dae! Wat die kursus se inhoud betref kan ek net noem dat ek daarsonder nie ‘n kat se kans sou gestaan het nie. Ek het geen praktyksondervinding nie en het met 67% geslaag! Die kursus is goud werd. Ek het nie woorde om jou en jou span genoeg te bedank nie.
Delmari du Toit
Ek het Gawie le Roux se kursus in Februarie 2008 bygewoon. Ek was ‘n totale stres bol, want dit was my eerste keer wat ek die eksamen aangedurf het. Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie. Die enigste ding wat ek wel geweet het is dat dit definitief nie ‘n maklike eksamen is nie. Ons het vandag ons punte gekry en ek kan met ‘n groot glimlag sê dat ek my akteseksamen met 62% geslaag het en dit na my eerste poging! Baie dankie aan Gawie le Roux vir die fantastiese kursus en notas. Ek was nog ‘n klerk wat maar een jaar agter die rug gehad het toe ek my eksamen aangedurf het, so my kennis oor aktes was maar skraal. Ek sou nie hierdie eksamen deurgekom het as dit nie vir sy notas en kursus was nie. Die notas is fantasties, dit bring ‘n mens so mooi in perspektief wat die werk aanbetref en die voorbeelde en ekstra vraestelle is ‘n seën. Ek beveel sy kursus aan vir enige iemand, want sonder dit sou ek definitief nie vandag so groot geglimlag het nie.
Elzaan Rossouw
Ek het jou kursus in Bellville vroeër die jaar bygewoon (5-8 Februarie) en die eksamen in Mei gaan skryf. Ek is tans besig met my tweede jaar van klerkskap en het slegs een maand se praktiese ervaring in aktepraktyk agter die blad. Ek was verheug om gister uit te vind dat ek die eksamen (met die eerste probeerslag) met 71% geslaag het! Baie dankie vir die kursus en die “gebruikersvriendelike” notas!
Nandi de Jongh
Ek het my aktes eksamen eerste keer geslaag. Sou dit nooit sonder die kurses kon doen nie.
Anelda Fouché
Ek het verlede week Gawie le Roux se kursus in Bellville bygewoon en het dit vreeslik geniet. Ek was bekommerd dat my gebrek aan enige ondervinding my tydens die lesings sou rem, maar kon ek met gemak, danksy Gawie, bybly en het nou veel meer moed om die eksamen aan te pak.
2007
Michael De Kok Swanepoel
My uitslae Vrydag gekry - 74,8%, die hoogste in KZN. Nogmaals dankie vir ‘n puik kursus.
Louisa van Staden
Thank you Gawie for your course which I attended in Durban and to Erinda who did the exam preparation in early September this year. I passed the exam, and I know I could never have done it without the notes and the excellent presentation of the past papers dividing everything up so perfectly to assist in studying. I would not hesitate to recommend the course to anyone doing conveyancing.
Sean Coetzee
Just a quick note to say that I received my results from the CLS on Monday and I have passed! I am over the moon, as this was my first attempt at writing the conveyancing examination, and I know many attorneys who have written two or three times and not passed! I do want to thank you specifically for the excellent course which you presented in Port Elizabeth from 17 to 20 July 2007. The study material provided by Gawie was outstanding, and I was very fortunate that through a combination of your input, the notes, the finishing course which I attended in Durban and a lot of hard work I was able to pass this exam. Please would you pass on my heartfelt thanks to Gawie and all of the other hard-working staff at the Centre for Conveyancing Practice. You guys rock!
PS My secretary attended your course for conveyancing typists in October, and my clerk intends writing the Conveyancing exam next year . . . rest assured he will be attending your course!
Anelda Lötter
Ek wil net baie baie dankie sê vir jul wonderlike notas! Ek het September my akteseksamen afgelê en het net julle notas gebruik. Ek kon ongelukkig geen klasse bywoon nie. Ek was een van net 24 in die Kaap wat geslaag het! Ek glo dis als te danke aan jul volledige notas.
Jaco Murray
Dis seker vir jou niks vreemds om nog ‘n brief te ontvang waarin jy bedank word nie. Ek wil egter my stem by soveel andere voeg en jou bedank vir jou droom en visie jare gelede om ‘n realistiese opsomming van alle aspekte rondom aktes te formuleer. Jou nota’s het my met selfvertroue laat studeer. In my eerste probeerslag in Mei hierdie jaar het ek gekwalifiseer vir 'n mondeling maar kon nie gaan nie weens die geboorte van my eerste kind. In September het ek die eksamen weer gaan skryf en hierdie keer geslaag. Baie dankie vir die harde werk wat jy elke jaar insit om die nota’s te verbeter.
Marindi Meintjes
Dit is regtig met groot waardering wat ek hierdie briefie vir Gawie en Erinda skryf. Ek het my akteseksamen nou in September met ‘n punt van 71,8% geslaag en sal die kursus, sy notas en julle almal se vriendelikheid en behulpsaamheid by almal aanbeveel. Weer eens baie dankie.
Lindy Lowne-Hughes
Ek wil graag vir jou dankie sê vir al jou hulp tydens die akteseksamen in September 2007. Die eerste keer het ek nie jou kursus bygewoon nie en het ek nie deurgekom nie. Die tweede keer het ek wel jou kursus bygewoon en hoop gevind. Ek was so positief en ek het so lekker met jou notas gleer. Ek het seker gevoel dat ek die tweede keer wel sal deurkom. Ek het vandag my uitslae gekry en 66% in die eksamen behaal. Ek is die laaste paar maande meer betrokke in ons aktesdepartement en gebruik my leêr met jou aktenotas en voorbeelde op 'n daaglikse basis. Ek kan jou nie genoeg bedank vir jou hulp en positiwiteit tydens die kursus nie.
Rene Joubert
Beste Gawie, ek het jou aktekursus in Julie 2007 in Pretoria bygewoon, en het nou Vrydag die wonderlike nuus gekry dat ek dit met 60% geslaag het! Ek wil graag baie vir jou sê, want ek is van mening dat as dit nie vir jou kursus en notas was nie, sou ek nie so gelukkig gewees het nie. Dit is vir my ongelooflik dat ek die moeilike eksamen die eerste keer kon slaag en alhoewel dit baie tyd en swot-werk, van my kant af gekos het, sou dit als verniet gewees het, as ek nie met jou notas geswot het nie. Dit is ongelooflik handig.
Eben Schutte
Wil jou net graag laat weet dat ek vanoggend die goeie nuus verneem het dat ek my akteseksamen geslaag het! Ek is baie verlig en dankbaar teenoor die Here wat my gehelp het en baie gebede verhoor het. Verder wil ek dankie sê vir jou studiemateriaal wat voorbereiding vir die eksamen vergemaklik het. Ek het die bywoningskursus en een-dag eksamenwerkswinkel bygewoon. Baie krediet moet aan jou gaan weens die feit dat ek geslaag het. Dankie vir jou passie en moeite met die kursus. Jy verrig wondere met die aanbieding van jou kursus. Hou so voort!
Marli Higgs
Baie dankie vir die wonderlike notas en kursus. Ek het die kursus gedurende Augustus 2007 in Kaapstad bygewoon. Dit het my geweldig gehelp met die voorbereiding vir die eksamen. Ek is nog ‘n kandidaat-prokureur en het dus geen ondervinding in aktes nie. Jy het tydens die kursus gesê: “Raak ontslae van die geestelike blokkasie in jou brein, en sê vir jouself dat jy hierdie eksamen kan slaag”. Jy het ook gesê dat ons die sukses in hierdie eksamen in ons geestesoog moet sien.
Ek het dit gedoen, en elke keer as ek moedeloos geraak het, het ek sukses oor hierdie eksamen gespreek. Ek is ‘n kind van God en wil aan Hom alle eer en dank bring vir my sukses met hierdie eksamen. Ek het gister my uitslae gekry, 68% vir ‘n eerste probeerslag. Nogmaals baie dankie, God seën u.
Michael De Kok Swanepoel
Ek het julle Selfstudie Aktekurses gebruik met die voorbereiding vir die eksamen en geslaag. Ek wil julle gelukwens. Dit is uitstekend.
Jonathan Cohen
Due to your wonderful notes, I managed to pass the exam in May.
Frans Erasmus
Ek wil net dankie sê vir jou aktekursus en die hulp daarna! Ek het die mondelinge eksamen deurgekom! Sonder jou kursus sou ek beslis nie deurgekom het nie. Ek het een jaar voor die tyd begin en deeglik na jou notas gekyk. Ek word op 6 September 2007 in Bloemfontein toegelaat!
Marissa Rossouw
Ek wil ook net baie dankie sê vir die uitstekende kursus van 13-16 Maart 2007 in Kaapstad. Erinda is 'n uitstekende dosent en die kursus was uit-en-uit die moeite werd.
Ameeta Nundlall
I want to thank you greatly for the course material provided for the conveyancing exams. I passed the September 2006 exams using your course material only. I am a personal injury attorney and I did not have any practical exposure to conveyancing whatsoever. Your course material made studying for the exams such a delightful experience and I recommend it to each and everybody wanting to study for the exams.
2006
Arina du Toit
Ek het in Augustus 2006 Gawie se prokureurskursus in Bellville bygewoon. Sê asseblief vir hom baie dankie vir sy bydrae tot my sukses - ek het 63% behaal.
Shelley Feldman
This is just a short to thank you to you and your team for the incredible course, user friendly notes and most importantly your encouragement. I passed my conveyancing exam “first time” with 55%!, which I can certainly say, I would never have been able to achieve without you! I am now recommending your course to everyone I know that has a block against writing the exam!
Uys Jordaan
Baie dankie vir die volledige notas en kursus. Ek het die eksamen met die tweede probeerslag geslaag sonder enige ondervinding in aktes. Die notas is volledig, leervriendelik en help om met vertroue te studeer.
Zenia Smith
A sincere thank you from a very greatful heart. I have no experience in conveyancing at all. I wrote the conveyancing exams in September this year and with the help of your Self-study Deeds Course passed it first time with flying colours!!
Eugene Gouws
Ek het die September 2006 akteseksamen, na bywoning van jou kursus in Pretoria gedurende Julie 2006, met die eerste poging met 'n gemiddeld van 66,5% geslaag. Ek sal enigiemand aanbeveel om jou kursus en notas te gebruik ter voorbereiding vir die eksamen.
Michelle Netto
I did the course for attorneys in August last year and would just like to let you know that even thoug
h I never did conveyancing in my whole life I passed the very first time that I wrote the exam.
Rina Erasmus
Dit is met groot dankbaarheid dat ek laat weet dat ek die eksamen geslaag het. Van die 148 in KZN het net omtrent 23 deurgekom en ek was een, deur die Heer se genade! Ek het nie veel vorige akte-ondervinding nie, en sou verseker nie hierdie eksamen sonder julle hulp deurgekom het nie.
Tom Potgieter
Soos belowe berig ek graag dat ek my Akteseksamen geslaag het – baie dankie – jou notas het baie gehelp.
Alastair Lomas-Walker
Thanks Gawie & Erinda, I passed
JP van der Walt
Ek het Gawie se aktekursus op 8 Feb 2006 bygewoon en die akteseksamen op 8 Mei 2006 geskryf. Danksy Gawie se baie goeie notas en lesings het ek die eksamen die eerste keer deurgekom.
Charles Vertue
Ek wil graag baie dankie sê aan Gawie vir sy uitstekende studiemateriaal en in besonder die kursus wat hy in Februarie in Pretoria 2006 aangebied het. Ek voel dit is die enigste rede hoekom ek die eksamen met 63% kon slaag. Wat van besondere belang is, is dat ek al vir ongeveer 8 jaar praktiseer sonder dat ek, tot vandag toe, nog ooit in 'n aktekantoor was of nog ooit by 'n akteafdeling gewerk het nie. Dankie dat jy aktes vir my soos die spreekwoordelik Rooisee oopgemaak het.
Carien du Toit
Ek het gedink dit sal goed wees om jou op hoogte te hou van die goeie nuus in my lewe. Ek het jou kursus in Johannesburg in Julie 2005 bygewoon en toe die eksamen in September gaan skryf. Ek het die akteseksamen geslaag. Weereens baie dankie vir al jou hulp en inspirasie.

