Die kursus in notariële praktyk behels...
Twee tipes kursusse
‘n Bywoningskursus in notariële praktyk vir diegene wat graag studieleiding deur lesings wil ontvang.
‘n Selfstudiekursus vir diegene wat verkies om op hul eie vir die notariële eksamen voor te berei, sonder om enige lesings by te woon.
Kenmerke van die Bywoningskursus
Lesings word aangebied te Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban,
Port Elizabeth en Bloemfontein.
'n Spesiale korting op die registrasiefooi is beskikbaar vir persone wat vroeg registreer.
Afrikaanse leerders mag Engelse lesings met Afrikaanse notas bywoon en omgekeerd, op voorwaarde dat dit spesifiek so by registrasie aangetoon word.
Indien jy vantevore self vir die Selfstudie Notariële Kursus ingeskryf het en in besit is van jou eie stel notas en die lesings wil bywoon, of die kursus vantevore bygewoon het en dit weer wil doen, kan jy ons kantoor kontak vir ‘n kwotasie om vir die bywoningskursus te registreer.
Kenmerke van die Selfstudiekursus
Skryf enige tyd in. Daar is geen afsnydatum vir registrasie nie. Die enigste teikendatum is die eksamendatum.
Beproefde kursusse
Hierdie kursusse word reeds vir meer as vyf jaar landswyd en in Namibië met groot sukses deur regspraktisyns gebruik. Dit is beproefde kursusse soos blyk uit die kommentaar wat ontvang is.
Kenmerke van die kursusmateriaal
- Die notas is geskryf met die oog op voorbereiding vir die notariële eksamen.
- Dit is ontwerp vir persone wat geen kennis of blootstelling aan notariële werk het nie.
- Dit is die mees omvattende stel notas om vir die eksamen voor te berei.
- Dit bestaan uit een deel verduidelikende notas en een deel praktiese voorbeelde.
- Die notas word in ‘n losbladformaat bemark, met ‘n byvoegseldiens teen addisionele koste, sodat die notas met die jongste wysigings op datum gehou kan word.
- Relevante vrae en modelantwoorde is in die notas ingewerk.
- Dieselfde stel studienotas word vir beide die selfstudie- en die bywoningskursus gebruik.
Dosent
Die lesings word aangebied deur Erinda Frantzen, ‘n prokureur, transportbesorger en notaris in die kantoor van Gawie le Roux.
Afbetaalreëling
'n Afbetaalreëling kan getref word - sien registreer bywoning
Datums vir Bywoning
Sien die datums in registreer bywoning
Bywoning
R3,600 of
R3,200 vir vroeë registrasie
Selfstudie
R2,750

