Ons bied verskeie kursusse vir aktetiksters aan
Bywoning per diploma
R4,500 of
R3,900 vir vroeë registrasie
Bywoning per module
R1,600 of
R1,400 vir vroeë registrasie
Selfstudie per diploma
R3,900
Selfstudie per module
R1,400
Aanlyn per diploma
R2,940 met assesering
R2,394 sonder assesering
Aanlyn per module
R980 met assesering
R798 sonder assesering
Doelwit
Om aan aktetiksters en persone wat graag ‘n loopbaan as aktetikster wil volg intensiewe teoretiese
en praktiese opleiding te bied en terselfdertyd van ‘n loopbaangerigte kwalifikasie te voorsien.
3 Diplomas in aktepraktyk - 9 modules
Opleiding vir Diploma en Gevorderde Diploma geskeduleer vir 2013, DV
Basiese Diploma
Geskik vir beginners tot persone wat reeds vir ‘n aantal jare in ‘n aktepraktyk werk en hul kennis en vaardighede wil verbeter. Dit is die gewildste diploma en lê die basis waarop enige verdere kennis van aktes gebou word.
Leerplan
Module 1
Konvensionele Transportakte
(Teorie)
Module 2
Konvensionele Transportakte
(Praktiese gevallestudie)
Module 3
Verbandregistrasie & Kansellasieprosedure
(Teorie en praktyk)
Diploma
Geskik vir persone wat reeds die Basiese Diploma gedoen het of reeds vir ongeveer een tot twee jaar in ‘n aktepraktyk werk. Meer gespesialiseerde onderwerpe word hierin behandel.
Leerplan
Module 4
Deeltiteltransportakte
(Teorie en praktiese gevallestudie)
Module 5
Boedeloordragte
(Teorie en praktyk)
Module 6
Capita Selecta
(Kommissaris van ede, endossemente, BTW, hereregte, kapitaalwinsbelasting en basiese beginsels van koopooreenkoms)
Gevorderde Diploma
Geskik vir persone wat die eerste twee diplomas gedoen het of reeds vir meer as twee jaar gemaklik en selfstandig in ‘n aktepraktyk werk. Dit is vir persone wat reeds gevorderde werk doen of daarna streef om na die vlak van senior aktetikster te vorder.
Leerplan
Module 7
Serwitute, onderverdeling en konsolidasie van eiendom. (Teorie en praktyk)
Module 8
Opening van ‘n deeltitelregister.
(Teorie en praktyk)
Module 9
Opening van ‘n dorpsregister.
(Teorie en praktyk)
Metodes van aanbieding
Bywoning
Lesings in die eerste ses modules (Basiese Diploma en Diploma) word aangebied te Pretoria en Johannesburg. Die laaste drie modules (Gevorderde Diploma) is slegs beskikbaar op die internet.
Daar is 'n spesiale korting op die registrasiefooi vir persone wat vroeg registreer.
Selfstudiekursus
Persone wat nie lesings in modules 1 tot 6 kan bywoon nie, kan dit deur selfstudie doen. Skryf enige tyd in. Die enigste vereiste is dat elke module voltooi moet word binne twee maande na registrasie en ‘n diploma binne ses maande.
Aanlyn
Modules 7, 8 en 9 kan aanlyn deur die internet gevolg word. Skryf enige tyd in.
Kenmerke van die kursus
- Beide teorie en praktiese gevallestudies word behandel om te illustreer hoe die teorie in die praktyk toegepas word.
- Omvattende en gebruikersvriendelike notas met voorbeelde word voorsien wat leerders na afloop van die kursus ook by die werk kan raadpleeg.
- Die lesings is ontspanne en volg die notas en voorbeelde.
- Tydens die eerste ses modules vind ‘n oopboek-evaluasie plaas om te toets of leerders die werk wat behandel is, verstaan en kan toepas.
Oopboek evaluasie
In die Basiese Diploma en die Diploma word leerders aan die hand van 'n oopboek-toets geëvalueer. Die idee is nie om persone se geheue te toets nie, m.a.w om te kyk wat hulle uit die kop kan onthou nie, maar eerder om vas te stel of hulle prakties kan toepas wat gedurende die les met hulle behandel is. Daarom mag hulle die notas wat aan hulle beskikbaar gestel is in die evaluasie gebruik, op dieselfde wyse as waarop hulle dit op kantoor sou gebruik.
By die Gevorderde Diploma het leerders ‘n keuse om nie aan die evaluasie mee te doen nie.
Silwer- & Goue Sertifikate
'n Silwersertifikaat word uitgereik na die suksesvolle evaluasie van elke module as bewys dat die leerder die vermoë het om die leerinhoud wat op die module betrekking het, te kan toepas.
'n Goue sertifikaat word uitgereik nadat 'n beëdigde verklaring van die leerder se werkgewer ontvang is waarin bevestig word dat sekere voorgeskrewe praktiese werk, verbonde aan die spesifieke module, selfstandig en foutloos afgehandel is.
'n Admininstrasiefooi van R100 (BTW ingesluit) is ten aansien van elke goue sertifikaat en goue diploma wat aangevra word, betaalbaar.
Tydsduur vir bywoning
Elke module van die Basiese Diploma en die DiplomaAl drie modules van 'n diploma kan in een week gedoen word.
Datums vir bywoning
Sien die datums in registreer bywoning
Taal
Lesings en kursusnotas is volledig in Afrikaans of in Engels.
Afrikaanse leerders mag Engelse lesings met Afrikaanse notas bywoon en omgekeerd, op voorwaarde dat dit spesifiek so by registrasie aangetoon word.
Aanbieder
Die lesings word aangebied deur Erinda Frantzen, 'n prokureur, transportbesorger en notaris in die kantoor van Gawie le Roux.
Afbetaalreëling
'n Afbetaalreëling kan getref word - sien registreer bywoning.

