Algemeen
Die Sentrum vir Aktepraktyk is die grootste private verskaffer van opleiding in akte- en notariële praktyk in Suid-Afrika. Dit is ‘n onderneming van Gawie le Roux, ‘n prokureur, transportbesorger, entrepreneur en sakeman van Pretoria.
Geskiedenis
Die Sentrum vir Aktepraktyk het ontstaan uit die sukses wat Gawie met sy unieke Selfstudie Aktekursus sedert 1994 behaal het. Die Sentrum vir Aktepraktyk en die Selfstudie Aktekursus is suster-entiteite wat elkeen sy eie unieke teikenmark het. Kollektief vind alle bemarking en aanbieding van kursusse onder die handelsnaam van die Sentrum vir Aktepraktyk plaas.
Selfstudie Aktekursus
Die Selfstudie Aktekursus BK is in 1994 gestig om die heel eerste en enigste selfstudie aktekursus op die Suid-Afrikaanse mark te plaas. Die doel was om ‘n omvattende stel notas beskikbaar te stel waarmee ‘n persoon op sy eie vir die eksamen in transportbesorging kon voorberei. Van meet af aan was dit ‘n sukses. Binne ses maande nadat die eerste Afrikaanse stel notas verkoop is, is ‘n Engelse weergawe beskikbaar gestel. Sedertdien het ons (Selfstudie & Sentrum) gegroei tot die enigste tweetalige en grootste private opleidingsinstelling op die gebied van aktes in Suid-Afrika.
Sentrum vir Aktepraktyk
Die Sentrum vir Aktepraktyk (Edms) Bpk is in 1999 in die lewe geroep om aan die toenemende behoefte vir die bywoning van klasse te voorsien. Sedertdien bied ons klasse in akte- en notariële praktyk aan prokureurs, kandidaat-prokureurs en ander kwalifiserende persone wat graag studiebegeleiding deur middel van lesings wil ontvang.
‘n Unieke kursus is vir aktetiksters ontwerp wat sedert 1999 in Afrikaans en 2003 in Engels aangebied word. Ons kursus in Notariële Praktyk is in 2007 bekendgestel en geskoei op dieselfde wenresep as dié van die kursus in aktepraktyk. Die aanlynwerkswinkels is vanaf 2009 ‘n verdere uitbreiding van ons dinamiese onderrigmetodes. Sedert 2010 bied ons ook seminare oor nuwe wetgewing en registrateurskonfensiebesluite aan wat spesifiek op akte- en notariële praktyk ‘n invloed mag hê.